1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek, toe hy in die wildernis van Y’hudah was. 2 O God, U is my God, op U wag ek; my lewe dors na U, my vlees smag na U soos in ’n dor en dorstige land, waar daar geen water is nie.
2. Soos ek U Afgesonderdheid gesien het, mag ek só U krag en U Gemanifesteerde Teenwoordigheid sien,
3. want U liefdevolle goedheid is beter as die lewe; my lippe sal U uitbundig prys.
4. Só sal ek neerkniel en U seën terwyl ek lewe, ek sal my hande oplig in U Karakter en Outoriteit (Naam).
5. My lewe sal verryk word soos met room en vettigheid en my mond sal uitroep met helder lof oor vreugdevolle lippe.
6. Ek onthou U op my bed en ek oordink U in die nagwake,
7. want U is my Helper; daarom sal ek lof, eer en aanbidding bring in die skaduwee van U vlerke.
8. My lewe volg moeilik agter U aan, U regterhand hou my op,