Openbaring 9:5-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. en dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word en hulle pyniging was soos die pyniging van ’n skerpioen, wanneer hy ’n mens aanval.

6. In dié dae sal die mense die dood soek en dit nie kry nie en hulle sal begeer om dood te gaan en die dood sal van hulle af wegvlug.

7. Die sprinkane het gelyk soos perde wat voorberei is vir die oorlog; op hulle koppe was iets wat gelyk het soos krone van goud en hulle gesigte was soos die gesigte van mense;

8. hulle het hare gehad soos dié van vroue, hulle tande was soos dié van leeus,

9. hulle het borsplate gehad soos van yster, die klank van hulle vlerke was soos die klank van baie strydwaens met perde, wat hardloop na die geveg

10. en hulle het sterte gehad wat lyk soos dié van skerpioene; die angels in hulle sterte en hulle outoriteit was om die mense vyf maande lank seer te maak.

11. Hulle het as koning oor hulle die engel van die bodemlose put. Sy naam in Hebreeus is Abdo (werker) en in Aramees het hy die naam Shra (sterk of getrou).

Openbaring 9