Openbaring 9:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die vyfde het geblaas en ek sien ’n ster wat uit die lug uit op die aarde geval het en aan hom is die sleutel van die bodemlose put gegee.

2. Daar het rook opgekom uit die put, soos die rook van ’n groot hoogoond wat warm gemaak is en die son en die lug is deur die rook uit die put verduister

3. en vanuit die rook het daar sprinkane oor die aarde uitgegaan en aan hulle is die krag gegee wat die skerpioene van die aarde het.

4. Vir hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom mag beskadig nie, maar slegs die mense wat nie die seël van God tussen hulle oë het nie

5. en dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word en hulle pyniging was soos die pyniging van ’n skerpioen, wanneer hy ’n mens aanval.

Openbaring 9