9. en as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee
10. en as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee
11. en as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy naaste bloedverwant gee uit sy familie en dié sal dit besit. Dit moet vir die kinders van Yisra’el ’n regsinstelling wees, soos יהוה Moshe beveel het.’”
12. יהוה het aan Moshe gesê: “Klim op hierdie berg, Avarim en kyk na die land wat Ek aan die seuns van Yisra’el gegee het.
13. Wanneer jy dit gesien het, sal jy ook by jou volksgenote bymekaargemaak word soos jou broer Aharon
14. omdat julle in die wildernis van Tzin, tydens die opstand van die vergadering, teen My opdrag gerebelleer het om My by die water as Afgesonderd voor hulle te behandel. Dit is die waters van M’rivat-Kadesh, in die wildernis van Tzin.”
15. Moshe het met יהוה gepraat en gesê:
16. “Laat יהוה, die God van die geeste van alle vlees, ’n man oor die vergadering aanstel
17. wat voor hulle uitgaan en voor hulle ingaan, wat hulle uitlei en wat hulle inlei sodat die vergadering van יהוה nie mag wees soos skape wat geen herder het nie.”
18. יהוה sê vir Moshe: “Vat vir Y’hoshua, die seun van Nun, ’n man in wie die Gees is en lê jou hand op hom
19. en laat hom voor die priester El’azar en voor die hele vergadering staan en stel hom aan voor hulle oë.
20. Jy moet sommige van jou outoriteit aan hom oorgee sodat die hele vergadering van die seuns van Yisra’el hom gehoorsaam sal wees.
21. Hy moet voor El’azar, die priester, staan dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die Teenwoordigheid van יהוה. Volgens Sy opdrag moet hulle uitgaan en volgens Sy opdrag moet hulle ingaan, hy en al die seuns van Yisra’el saam met hom, die hele vergadering.”