Numeri 26:52-63 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

52. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

53. “Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word, volgens die getal name.

54. Vir die wat baie is, moet jy ’n groter erfenis gee en vir die wat min is, moet jy ’n kleiner erfdeel gee. Elkeen moet sy erfdeel ontvang, volgens hulle wat van hom getel is,

55. maar die land moet deur die lot verdeel word, volgens die name van die stamme van hulle vaders moet hulle erwe.

56. Deur die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie is en die wat min is.

57. Hierdie is die wat getel is van Levi, volgens hulle families: van Gershon, die familie van die Gershoniete; van K’hat, die familie van die K’hatiete; van M’rari, die familie van die M’rari’iete.

58. Hierdie is die families van die Leviete: die geslag van die Livniete, die familie van die Hevroniete, die familie van die Magli’iete, die familie van die Mushi’iete en die familie van die Koragiete. K’hat was die vader van `Amram.Eks 6:16, 18, 20

59. Die naam van `Amram se vrou was Yokheved, die dogter van Levi wat vir Levi in Mitzrayim gebore is en vir `Amram het sy geboorte gegee aan: Aharon, Moshe en aan Miryam, hulle suster.

60. Vir Aharon is gebore: Nadav, Avihu, El’azar en Itamar.Lev 10

61. Nadav en Avihu het gesterf toe hulle vreemde vuur voor die Teenwoordigheid van יהוה gebring het.

62. Die van hulle wat getel is, almal wat manlik was van ’n maand oud en ouer, was drie en twintig duisend (23 000), want hulle is nie getel onder die ander seuns van Yisra’el nie omdat aan hulle geen erfdeel onder die seuns van Yisra’el gegee is nie.

63. Hierdie is hulle wat deur Moshe en El’azar, die priester, getel is, wat die seuns van Yisra’el in die vlaktes van Mo’av getel het, by die Yarden, oorkant Yerigo,

Numeri 26