Numeri 23:7-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy het sy vertelling begin en gesê: “Balak, die koning van Mo’av het my uit Aram, uit die berge van die ooste laat haal en gesê: ‘Kom, vervloek Ya’akov vir my en kom, verwens Yisra’el.’

8. Hoe sal ek vervloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie יהוה nie verwens nie?

9. Want van die bokant van die rotse af sien ek hom en van die heuwels af let ek op hom. Let op, ’n volk wat afgesonderd woon en nie tussen die nasies gereken word nie.

10. Wie kan die stof van Ya’akov tel, of ’n kwart van Yisra’el bereken? Laat my die dood van die opregtes sterf en laat my einde soos dié van die opregte wees!”

11. Balak sê vir Bil’am: “Wat het jy my aangedoen? Ek het jou gevat om my vyande te vervloek en let op, jy het hulle in werklikheid geseën!”

12. Hy antwoord en sê: “Moet ek nie versigtig wees om alles te praat wat יהוה in my mond lê nie?”

13. Balak sê vir hom: “Kom asseblief saam met my na ’n ander plek vanwaar jy hulle kan sien; jy sal net die buitewyke van hulle sien en jy sal nie almal kan sien nie; vervloek hulle vir my van daar af.”

14. Hy het hom gebring by die veld van Tzofim, op die top van Pisgah en sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

15. Hy sê vir Balak: “Bly hier staan by jou brandoffer terwyl ek יהוה daar gaan ontmoet.”

16. יהוה het Bil’am ontmoet en ’n woord in sy mond gelê en gesê: “Gaan terug na Balak en só moet jy praat.”

Numeri 23