Numeri 19:11-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die een wat ’n dooie mens aanraak, sal sewe dae lank onrein wees.

12. Hy moet homself daarvan reinig op die derde dag en op die sewende dag; dan sal hy rein wees, maar as hy hom nie op die derde dag en op die sewende dag reinig nie, sal hy nie rein wees nie.

13. Elkeen wat aan ’n dooie liggaam raak, aan ’n mens wat gesterf het en homself nie reinig nie, het die tabernakel van יהוה onrein gemaak en dié persoon moet uit Yisra’el uitgesny word. Hy sal onrein wees omdat die water vir onreinheid nie op hom gesprinkel is nie, sy onreinheid is nog op hom.

14. Hierdie is die wet as iemand in ’n tent sterf: almal wat in die tent kom en almal wat in die tent is, sal sewe dae lank onrein wees

15. en al die oop houers wat nie met ’n deksel toegebind is nie, is onrein.

Numeri 19