23. יהוה sê vir Moshe: “Is die krag van יהוה beperk? Nou sal jy sien of My woord vir jou sal gebeur of nie.”
24. Moshe het uitgegaan en die woorde van יהוה aan die volk gebring en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die Tent laat staan.
25. יהוה het afgekom in die wolk en met hom gepraat en Hy het van die Gees wat op hom was, op die sewentig oudstes gelê en dit het gebeur dat toe die Gees op hulle rus, hulle geprofeteer het, maar nie weer daarna nie.
26. Twee manne het egter in die kamp agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad en die Gees het op hulle gerus. Hulle was onder die wat opgeskrywe was, maar het nie uitgegaan na die Tent toe nie en hulle het in die kamp geprofeteer.
27. ’n Jongman het gehardloop en dit aan Moshe vertel en gesê: “Eldad en Medad profeteer in die kamp.”
28. Y’hoshua, die seun van Nun, van sy jeug af die dienaar van Moshe, antwoord en sê: “ Moshe, my meester, stop hulle!”
29. Moshe sê vir hom: “Is jy jaloers vir my onthalwe? Ag, dat die hele volk van יהוה profete was en dat יהוה Sy Gees op hulle mag gee!”Hand 2:4
30. Moshe en die oudstes van Yisra’el het teruggegaan in die kamp in.
31. ’n Wind het vanuit יהוה gekom en kwartels van die see af oorgebring en hulle naby die kamp laat val, omtrent ’n dagreis hier en omtrent ’n dagreis daar, reg rondom die kamp en omtrent twee el diep bo-op die grond.
32. Die volk het daardie hele dag, die hele nag en die hele volgende dag opgestaan en die kwartels bymekaargemaak. Hy wat die minste bymekaargemaak het, het tien homer bymekaargemaak en hulle het dit vir hulleself uitgesprei oral rondom die kamp.
33. Terwyl die vleis nog tussen hulle tande was, voordat dit gekou is, het die woede van יהוה teen die volk ontbrand en יהוה het die volk met ’n baie ernstige plaag geslaan.