Mattityahu 5:24-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. los jou offer daar by die altaar en gaan herstel die verhouding met jou broer en kom dan en offer jou offer.

25. Kom gou tot ’n vergelyk met iemand wat jou hof toe vat terwyl jy nog saam met hom op die pad is sodat hy jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die belastinggaarders en jy in die gevangenis gegooi word nie!

26. Dit is waar wat Ek vir jou sê, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy nie die laaste deel van ’n sent betaal het nie.Eks 20:14

27. Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Moenie egbreuk pleeg nie,’

28. maar Ek sê vir julle dat ’n man wat na ’n vrou kyk met die doel om haar te begeer, daardie oomblik, egbreuk pleeg met haar in sy gedagtes, wil en emosie.

29. As jou regteroog jou laat sondig, ruk dit uit en gooi dit weg! (Verwyder slegte dinge voor jou oë). Dit is vir jou beter dat jy een van jou ledemate verloor as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.

30. As jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg! (As jy verkeerd doen -stop dit). Dit is vir jou beter dat jy een van jou ledemate verloor as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.Deut 24:1 ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet vir haar ’n skeibrief gee,’

31. Daar word gesê:

32. maar Ek sê vir julle dat enige een wat van sy vrou skei, behalwe as gevolg van seksuele immoraliteit, maak dat sy egbreuk pleeg en elkeen wat ’n geskeide trou, pleeg egbreuk.

33. Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy moenie jou eed verbreek nie,’ en, ‘jy moet jou beloftes aan יהוה hou,’

34. maar Ek sê vir julle: ‘Lê hoegenaamd nie ’n eed af “by die hemel” nie omdat dit die troon van God is;Yes 66:1 ook nie “by Yerushalayim” nie omdat dit die stad van die groot Koning isPs 48:2

35. ook nie “by die aarde” nie omdat dit Sy voetstoel is;

36. en moet ook nie by jou kop ’n eed aflê nie omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.Ya’a 5:12

37. Laat slegs julle ‘Ja’ ’n eenvoudige ‘Ja’ wees en julle ‘Nee’ eenvoudig ‘Nee’. Enige iets meer as dit het sy oorsprong in die Bose een.’Eks 21:24; Lev 24:20; Deut 19:21

38. Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog in ruil vir ’n oog en ’n tand in ruil vir ’n tand,’

39. maar Ek sê vir julle dat julle nie moet opstaan teen ’n bose oortreder nie, maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai vir hom ook die linkerwang!

40. As iemand jou vir jou hemp wil dagvaar, laat hom die bokleed ook vat

Mattityahu 5