56. maar dit het alles gebeur sodat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die studentevolgelinge van Hom af weggegaan en gevlug
57. en die wat Yeshua gevange geneem het, het Hom weggevat na Kayafa, die hoofpriester, waar die leraars van die wet en die oudstes bymekaar was.
58. Shim’on Kefa het Hom van ’n afstand af gevolg tot by die paleis van die hoofpriester en hy het ingegaan en by die wagte gaan sit om die resultaat te sien.
59. Die leierpriesters, die oudstes en die hele Joodse Raad het getuienisse teen Yeshua gesoek om Hom dood te maak
60. en niks gevind nie. Alhoewel daar baie met onwaar getuienis gekom het, het hulle niks gevind nie. Eindelik kom daar twee
61. en sê: “Hierdie man het gesê: ‘Ek is by magte om die tempel van God af te breek en dit in drie dae op te bou’.”
62. Die hoofpriester staan op en sê vir Hom: “Het U nie eers een antwoord vir hulle wat teen U getuig nie?”Yes 53:7 en die hoofpriester antwoord en sê vir Hom: “Ek eis ’n eed van U by die Lewende GodLev 5:1 dat U vir ons sê of U Die Gesalfde Een, die Seun van God, is?”
63. Yeshua het egter stilgeblyDan 7:13
64. Yeshua antwoord hom: “U het dit gesê, maar Ek sê vir julle: ‘Van nou af aan, sal julle die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van Krag en ook sien kom op die wolke van die hemel’.”
65. Toe skeur die hoofpriester sy kleed en sê: “Let op, Hy praat kwaad teen God! Waarom het ons nog getuies nodig? Julle het Sy kwaadpraat teen God gehoor!
66. Wat dink julle?” Hulle antwoord en sê: “Hy verdien die dood.”
67. Toe het hulle in Sy gesig gespoeg en Hom teen die kop geslaan en ander het Hom geklap
68. en gesê: “Profeteer vir ons, Gesalfde Een! Wie is dit wat U slaan?”
69. Kefa het buite in die binnehof gesit en ’n slavin het na hom toe gekom en gesê: “Jy was ook saam met Yeshua, die Een vanaf die Galil,”
70. maar hy het dit voor almal ontken en gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.”