31. ’n Ander vergelykende storie het Hy vir hulle vertel en gesê: “Die Koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaad wat ’n man vat en in sy land saai.
32. Hierdie is die kleinste van alle sade, maar as dit gegroei het, is dit die grootste van alle kruie en word dit ’n boom sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.”
33. ’n Ander vergelykende storie het Hy hulle vertel: “Die Koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit alles ingesuur is.”
34. Al hierdie dinge het Yeshua deur vergelykende stories vir die skare gesê en sonder vergelykende stories het Hy vir hulle niks gesê niePs 78:2
35. sodat dit wat deur die profeet gesê, is vervul sou word wat sê: “Ek sal My mond oopmaak deur vergelykende stories en Ek sal dinge sê wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.”
36. Toe het Yeshua die skare gelos en huis toe gegaan en Sy studentevolgelinge het na Hom toe gekom en vir Hom gesê: “Verduidelik vir ons die vergelykende storie van die darrel en die land.”
37. Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “Hy wat die goeie saad gesaai het, is die Seun van die mens
38. en die land is die wêreld. Die goeie saad is die kinders van die Koninkryk, maar die vals saad is die kinders van die bose een.
39. Meer nog, die vyand wat hulle gesaai het, is die teëstander. Die oestyd is die einde van die wêreld en die maaiers is die engele.
40. Net soos die darrel bymekaargemaak en in die vuur verbrand word, sal dit wees aan die einde van hierdie wêreld:
41. die Seun van die mens sal Sy boodskappers uitstuur en hulle sal uit Sy Koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat wetteloosheid beoefen
42. en hulle in die intensiteit van vuur gooi. Daar sal gehuil wees en gekners van tande.
43. Dan sal die onskuldiges skyn soos die son in die Koninkryk van hulle Vader. Wie ook al ’n oor het wat wil hoor, laat hom luister.
44. Weer: die Koninkryk van die hemel is soos ’n skat wat weggesteek is in ’n stuk grond, wat ’n man kry en geheim hou en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het en koop daardie grond.
45. Weer: die Koninkryk van die hemel is soos ’n handelaar wat mooi pêrels soek
46. en toe hy ’n sekere pêrel vind wat voor die hand liggend baie kosbaar is, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het en koop dit.
47. Weer: die Koninkryk van die hemel is soos ’n net wat in die see gegooi word en van alle soorte bymekaarmaak
48. en toe dit vol was, het hulle dit op die strand uitgebring en gaan sit en dit uitgesoek. Die goeies het hulle in houers gesit en die slegtes uitgegooi.