Mattityahu 12:42-50 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. Die koningin van die suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel, want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Shlomo te hoor en meer as Shlomo is hier!

43. Wanneer ’n vuil gees uit die mens uitgegaan het, dwaal hy rond in plekke waar nie water is nie en begeer rus en vind dit nie.

44. Dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my huis vanwaar ek uitgegaan het’ en hy gaan en vind dit leeg, uitgevee en versier.

45. Dan gaan hy en bring sewe ander geeste, slegter as hyself, saam met hom en hulle gaan in en woon daar en die einde van daardie mens word erger as die begin. Só sal dit ook met hierdie bose geslag gedoen word.”

46. Terwyl Hy nog met die mense praat, staan Sy moeder en broers buite en wou graag met Hom praat

47. en iemand sê vir Hom: “Let op, U moeder en U broers is buite en wil graag met U praat,”

48. maar Hy antwoord en sê vir die een wat dit vir Hom gesê het: “Wie is My moeder en wie is My broers?”

49. Hy steek sy hand na Sy studentevolgelinge uit en sê: “Let op, My moeder en My broers,1 Yog 2:3-6

50. want elkeen wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is, dié is My broer en suster en moeder.”

Mattityahu 12