Markos 3:22-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Die leraars van die wet, wat van Yerushalayim af gekom het, het gesê: “Hy het Ba’al-Z’vuv in Hom,” en: “Deur die heerser van die demone dryf Hy die demone uit.”

23. Yeshua het hulle geroep en vir hulle deur vergelykende stories gesê: “Hoe is die teëstander in staat om die teëstander uit te dryf?

24. As ’n koninkryk teen homself verdeeld is, is dit nie moontlik vir daardie koninkryk om staande te bly nie

25. en as ’n huis teen homself verdeeld is, is dit nie moontlik vir daardie huis om staande te bly nie

26. en as hy wat die teëstander is teen homself opstaan en verdeeld is, is dit nie moontlik vir hom om staande te bly nie, maar dit sal sy einde wees.

27. Niemand kan in die huis van ’n sterk man ingaan en sy waardevolle besittings roof as hy nie eers die sterk man vasbind nie en dan kan hy sy huis beroof.

28. Waarlik, Ek sê vir julle dat alle sondes die kinders van die mens vergewe word en al die kwaadpraat teen God wat hulle mag kwaadpraat,

29. maar wie ook al teen die Gees van Afsondering kwaad gepraat het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig tot ’n ewige oordeel”

30. omdat hulle gesê het: “Hy het ’n onrein gees in Hom.”

31. Sy broers en Sy moeder het gekom en buite gestaan en iemand gestuur om Hom na hulle toe te roep

32. en ’n menigte mense het rondom Hom gesit en hulle sê vir Hom: “U moeder en U broers is buite en soek na U.”

33. Hy antwoord en sê vir hulle: “Wie is My moeder en wie is My broers?”

34. Hy het gekyk na dié wat rondom Hom sit en gesê: “Let op, My moeder en let op, My broers,

35. want wie ook al die wil van God doen, is My broer, My suster en My moeder!”

Markos 3