Markos 12:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het begin om deur ’n vergelykende storie vir hulle te sê: “’n Sekere man het ’n wingerd geplant, ’n heining rondom gesit, ’n parskuip gegrawe, ’n wagtoring gebou, die sorg daarvan aan werkers oorgegee en na ’n ander land gegaan.

2. In die tyd dat hy vrugte van die wingerd kon ontvang, stuur hy sy slaaf na die werkers toe,

3. maar hulle het hom gevat en geslaan en hom met niks weggestuur.

4. Weer het hy ’n ander slaaf na hulle toe gestuur en op dieselfde manier het hulle hom met klippe gegooi en gewond en hom in skande weggestuur.

5. Weer het hy ’n ander een gestuur en hom het hulle doodgemaak. Ook baie ander, sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.

6. Hy het ook nog een seun gehad, vir wie hy baie lief was en hom laaste na hulle toe gestuur en gesê: ‘Hulle sal skaam wees voor my seun.’

7. Daardie werkers het egter by hulleself gesê: ‘Dit is die erfgenaam; laat ons hom doodmaak en die erfenis sal ons s’n wees.’

8. Hulle het hom gevat en doodgemaak en buitekant die wingerd uitgegooi.

9. Wat sal die meester van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die werkers vernietig en die wingerd aan ander gee.

Markos 12