30. maar as dit nie teruggekoop word voordat ’n hele jaar verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eiendom van sy koper bly in sy geslagte; dit sal nie vry word in die jubeljaar nie.
31. Die huise van die dorpe wat geen muur rondom het nie moet egter soos die veld van die land gereken word. Hulle mag teruggekoop word en sal in die jubeljaar vry word.
32. Op die stede van die Leviete en die huise in die stede wat in hulle besit is, moet daar ’n ewige reg tot terugkoping wees vir die Leviete.
33. As iemand van die Leviete af die huis terugkoop, moet die huis wat verkoop is, in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word, want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die seuns van Yisra’el.
34. Die algemene veld om hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is ’n ewige besitting vir hulle.
35. As een van jou broers by jou arm word en sy land word wankelrig, moet jy hom ondersteun, soos ’n vreemdeling of ’n besoeker sodat hy by jou kan leef.
36. Jy moet geen rente of wins van hom vat nie, maar jy moet jou God respekvol vrees sodat jou broer by jou kan leef.
37. Jy mag nie jou geld vir hom op rente gee nie of vir hom jou kos teen ’n wins gee nie.
38. Ek is יהוה, julle God, wat julle uit die land Mitzrayim uitgelei het om vir julle die land Kena’an te gee en om julle God te wees.
39. As een van jou broers wat by jou bly arm word en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie dwing om as ’n slaaf te dien nie.File 1:16
40. Soos ’n huurling, soos ’n besoeker, moet hy by jou wees en jou dien tot die jubeljaar toe;
41. dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom en hy moet na sy familie terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan,
42. want hulle is My knegte wat Ek uit Mitzrayim uitgelei het; hulle mag nie verkoop word as slawe nie.Eks 21:2-6
43. Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God respekvol vrees.
44. Aangaande jou slaaf of jou slavin van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ’n slaaf of slavin koop, wat aan jou sal behoort.
45. Meer nog, van die kinders van die besoekers wat by julle bly; van hulle mag julle koop en van hulle familie wat by julle is, wat gebore is in julle land en dié sal julle besittings wees.
46. Julle mag dié aan julle seuns ná julle nalaat om te erf as ’n besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien, maar oor julle broers, die seuns van Yisra’el, mag die een nie oor die ander met hardheid heers nie.
47. As ’n vreemdeling of besoeker by jou ryk word en jou broer wat by hom bly word arm en hy homself aan ’n vreemdeling of besoeker by jou verkoop, of aan ’n familielid uit die familie van ’n vreemdeling,
48. dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg tot terugkoping wees; een van sy broers kan hom terugkoop,