5. As julle ’n vredesoffer aan יהוה offer, moet julle dit so offer dat julle aanvaar sal word.
6. Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word, maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.
7. As dit op die derde dag geëet word, is dit ’n oortreding; dit sal nie aanvaar word nie.
8. Elkeen wat dit eet sal daarom sy skuld dra, want hy het, wat afgesonder is aan יהוה, onrein gemaak en dié persoon moet uit sy volksgenote afgesny word.
9. Wanneer julle die opbrengs van julle land oes, moet julle die rante van die land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie bymekaarmaak nie.
10. Jy moet ook nie jou wingerd skoon af oes en die trossies wat van jou wingerd val, nie bymekaarmaak nie. Jy moet dit vir die armes en die besoekers laat oorbly. Ek is יהוה, julle God.
11. Julle mag nie steel nie, julle mag nie vals handel of vir mekaar lieg nie.
12. Julle mag nie valslik by My Naam (Karakter en Outoriteit) sweer en so die Naam (Karakter en Outoriteit) van jou God onrein maak nie. Ek is יהוה.
13. Jy mag jou naaste nie afpers of beroof nie. Die huurling se loon mag nie by jou bly tot die oggend toe nie.Ya’a 5:4
14. Jy mag ’n dowe nie vloek nie en voor die blinde geen struikelblok lê nie,Rom 14:13 maar jy moet jou God respekvol vrees. Ek is יהוה.
15. Julle mag geen onregverdigheid doen in die oordele nie. Jy mag nie partydig wees vir die armes nie en die magtige nie eer nie. Met onpartydige opregtheid moet jy oor jou naaste oordeel.
16. Jy mag nie as ’n storiedraer onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is יהוה.