14. Jy mag ’n dowe nie vloek nie en voor die blinde geen struikelblok lê nie,Rom 14:13 maar jy moet jou God respekvol vrees. Ek is יהוה.
15. Julle mag geen onregverdigheid doen in die oordele nie. Jy mag nie partydig wees vir die armes nie en die magtige nie eer nie. Met onpartydige opregtheid moet jy oor jou naaste oordeel.
16. Jy mag nie as ’n storiedraer onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is יהוה.
17. Jy mag nie jou broer in jou verstand, wil en emosie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe sodat jy nie om sy ontwil sonde op jou laai nie.
18. Jy mag nie wraak neem of ’n wrok koester teenoor die seuns van jou volk nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself.Mat 19:19; Mat 22:39; Mar 12:31; Luk 10:27; Ya’a 2:8 Ek is יהוה.