Handelinge 28:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle het ons ook baie hoog geag en toe ons sou wegvaar, ons, van dit wat ons nodig het, voorsien.

11. Ná drie maande het ons weggevaar in ’n skip van Alexandria met die skeepsmerk “Tweeling,” wat op die eiland oorwinter het

12. en ons het by die stad Surakousai geland en drie dae lank daar gebly.

13. Daarvandaan het ons rondgeseil en by die stad Region aangekom, ’n dag later het die suidewind opgekom en op die tweede het ons Potioloi bereik, ’n stad van Italië,

14. waar ons broers gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly en toe het ons na Rome gegaan.

15. Die broers wat van ons koms gehoor het, het ons tegemoet gekom by die Appiosmark en die Drie Herberge en toe Sha’ul hulle sien, het hy God geloof en is bemoedig.

16. Ons het Rome binnegegaan en die kaptein oor honderd het Sha’ul toegelaat om op sy eie te bly, met ’n soldaat wat hom moes oppas.

17. Ná drie dae het Sha’ul die leiers van die Jode saamgeroep en, nadat hulle bymekaargekom het, vir hulle gesê: “Broers, alhoewel ek niks gedoen het teen ons mense of die tradisies van ons vaders nie, is ek in Yerushalayim as gevangene oorgegee in die hande van die Romeine.

18. Hulle het my ondersoek en wou my loslaat omdat daar by my geen oortreding was wat die dood verdien nie,

19. maar toe die Jode dit teenstaan, was ek verplig om na die keiser te appelleer, nie asof ek iets het om my mense van te beskuldig nie.

20. Om hierdie rede dan het ek gevra om u te sien en met u te praat, want dit is oor die versekerde verwagting van Yisra’el dat ek met hierdie ketting geboei is.”

21. Hulle het vir hom gesê: “Ons het geen briewe oor u van Y’hudah ontvang nie, ook het geen van die broers hier aangekom en iets kwaads oor u berig nie,

Handelinge 28