Genesis 41:14-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Toe het Farao gestuur en Yosef laat roep. Hulle het hom haastig uit die tronk uitgehaal en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek en na Farao toe gekom.

15. Farao sê vir Yosef: “Ek het ’n droom gehad en daar is niemand wat dit kan uitlê nie, maar ek het gehoor daar is van jou gesê dat jy ’n droom kan verstaan om dit uit te lê.”

16. Yosef antwoord Farao en sê: “Dink u dat dit moontlik is dat ek sonder God vir Farao ’n antwoord van vrede, voorspoed en gesondheid kan gee?”

17. Farao sê vir Yosef: “Let op, in my droom staan ek op die wal van die rivier

18. en let op, daar kom sewe koeie uit die rivier uit op wat mooi is om na te kyk en vet van vleis was en hulle het gaan wei in die vleigras.

19. Let op, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die rivier uit op wat lelik was om na te kyk en maer van vleis was; so sleg soos ek in die ganse Mitzrayim nog nooit gesien het nie.

20. Die maer en lelike koeie het die eerste sewe vet koeie opgeëet

21. en nadat dit in hulle maag ingegaan het, kon ’n mens nie sien dat hulle in hul maag ingegaan het nie, want hulle het net so lelik gelyk soos in die begin. Toe word ek wakker.

22. Ek het ook in my droom gesien; let op, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel

23. en let op, ná hulle spruit daar sewe are uit wat verdor, maer en deur die oostewind verskroei was

24. en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. Ek het dit aan die astroloë vertel, maar niemand kon dit vir my vertolk nie.”

25. Yosef sê vir Farao: “Die drome van Farao is een. God het vir Farao gewys wat Hy op die punt staan om te doen.

26. Die sewe mooi koeie is sewe jare en die sewe mooi are is sewe jare; die drome is een.

Genesis 41