Genesis 26:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Avimelekh het bevel gegee aan die hele volk en gesê: “Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal die dood sterf.”

12. Yitz’gak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig ingebring, want יהוה het hom geseën.

13. Die man het ryk geword en altyddeur gegroei in rykdom totdat hy uitermate ryk was.

14. Hy het troppe kleinvee en beeste besit en baie bediendes sodat die F’lishtyne jaloers was op hom.

15. Die F’lishtyne het al die putte wat sy vader se diensknegte in die dae van sy vader Avraham gegrawe het, toegestop en met grond opgevul.

16. Avimelekh sê vir Yitz’gak: “Gaan weg van ons af, want jy het magtiger as ons geword.”

17. Daarop het Yitz’gak weggetrek van daar en sy tent opgeslaan in die vallei van G’rar en daar gebly.

18. Yitz’gak het die waterputte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Avraham gegrawe het en wat die F’lishtyne ná die dood van Avraham toegestop het en dit genoem volgens die name wat sy vader daaraan gegee het.

19. Yitz’gak se diensknegte het ook in die dal gegrawe en daar ’n put met lewendige water gevind.

20. Die herders van G’rar het gestry met die herders van Yitz’gak en gesê: “Dit is óns water.” Hy het die put daarom `Esek genoem omdat hulle met hom gestry het.

21. Hulle het ’n ander put gegrawe en daaroor het hulle ook gestry; daarom het hy dit Sitnah genoem.

Genesis 26