Genesis 18:25-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. ’n Verwerplike gedagte, vir U om so iets te doen: om die opregte en onskuldige saam met die bose oortreder dood te maak sodat die opregte en onskuldige gelyk is met die bose oortreder. ’n Verwerplike gedagte! Sal die Regter van die hele aarde nie regverdig oordeel nie?”

26. יהוה sê: “As Ek binne-in die stad, in S’dom, vyftig opregtes en onskuldiges kry, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.”

27. Avraham antwoord en sê: “Let nou op, ek het gewaag om met יהוה te praat, alhoewel ek stof en as is.

28. Miskien sal daar aan die vyftig opregtes en onskuldiges vyf kortkom; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes?” Hy antwoord: “Ek sal dit nie verwoes as Ek vyf en veertig daar kry nie.”

29. Hy het nog verder met Hom gepraat en gesê: “Miskien sal daar veertig gekry word.” Hy antwoord: “Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie.”

30. Verder sê hy: “Laat יהוה tog nie toornig wees nie en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gekry word.” Hy antwoord: “Ek sal dit nie doen as Ek dertig daar kry nie.”

31. Toe sê hy: “Let nou op, ek het dit gewaag om met יהוה te praat. Miskien sal daar twintig gekry word.” Hy antwoord: “Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie.”

32. Toe sê hy: “Laat יהוה tog nie toornig wees nie en laat my nog net hierdie keer praat. Miskien sal daar tien gekry word.” Hy antwoord: “Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.”

33. יהוה het, toe Hy klaar met Avraham gepraat het, op Sy pad gegaan en Avraham het na sy blyplek teruggegaan.

Genesis 18