14. Elkeen van twintig jaar en ouer, wat oorgaan na die geteldes, moet die bydrae aan יהוה gee.
15. Die ryke moenie meer en die arme moenie minder as ’n halfsikkel gee, wanneer hulle die bydrae, om vir julle siele versoening te doen, aan יהוה gee, nie.
16. Vat die versoeningsgeld van die seuns van Yisra’el en gee dit vir die dienswerk van die Tent van Ontmoeting sodat dit ’n herinnering voor die Teenwoordigheid van יהוה kan wees vir die seuns van Yisra’el, tot versoening vir julle lewens.”
17. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
18. “Jy moet ook ’n kom van koper, met sy voetstuk van koper, maak om mee te was. Jy moet dit tussen die Tent van Ontmoeting en die altaar sit en water daarin gooi
19. sodat Aharon en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was.
20. Wanneer hulle ingaan in die Tent van Ontmoeting, of as hulle naby die altaar kom, om te bedien, om ’n offer te brand en in rook te laat opgaan tot יהוה, moet hulle met water was sodat hulle nie sterf nie.
21. So moet hulle hul hande en voete was sodat hulle nie sterf nie en dit sal vir hulle ’n ewige instelling wees, vir hom en vir sy nageslag in hulle geslagte.”Yog 13:10
22. יהוה het verder met Moshe gepraat en gesê:
23. “Vat vir jouself van die beste speserye: vyf honderd sikkels vloeibare mirre en die helfte soveel, twee honderd en vyftig sikkels, soet geurige kaneel en twee honderd en vyftig sikkels soet geurige kalmoes
24. en vyf honderd sikkels kassie, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek en ’n hin olyfolie
25. en maak daarvan afgesonderde salfolie, ’n salfmengsel soos ’n salfmenger dit maak; dit sal ’n afgesonderde salfolie wees.
26. Daarmee moet jy die Tent van Ontmoeting salf, die Ark van die Getuienis,
27. die tafel met al sy bybehore, die kandelaar met sy bybehore, die reukaltaar,
28. die brandofferaltaar met al sy bybehore en die kom met sy voetstuk.
29. Jy moet hulle afsonder sodat hulle heeltemal afgesonderd kan wees. Wat ook al aan hulle raak, is afgesonder.Spr 30:5-6