22. maar as jy sekerlik na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek ’n Vyand van jou vyande en ’n Teëstander van jou teëstanders wees,
23. want My boodskapper sal voor jou uit gaan en jou bring na die Emoriete, Hittiete, P’riziete, Kena’aniete, Hiviete en Y’vusiete en Ek sal hulle volkome vernietig.
24. Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie doen volgens hulle dade nie, maar jy moet hulle omgooi en hulle afbreek en hulle klippilare breek en in stukkies slaan.1 Kon 11
25. Julle moet יהוה, julle God, dien en Ek sal jou brood en jou water seën en Ek sal siektes van tussen jou uit verwyder.
26. Niemand in jou land sal ’n miskraam hê of onvrugbaar wees nie. Ek sal die getal van jou dae vervul.
27. Ek sal My vrees voor jou uit stuur en verwarring bring by elke volk waarby jy kom en Ek sal dat al jou vyande hulle rûe na jou toe draai
28. en Ek sal perdebye voor jou uitstuur; dié sal die Hiviete, Kena’aniete en Hittiete voor jou uitdryf.
29. Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdryf nie sodat die land nie woes word en die wilde diere te veel word vir jou nie.
30. Bietjie vir biejie sal Ek hulle voor jou uit verdryf totdat jy vrugbaar word en besit neem van die land.
31. Ek het jou grense vasgestel van die Sufsee af tot by die See van die F’lishteine en van die wildernis af tot by die Rivier (Eufraat), want Ek sal die inwoners van die land in julle hand oorgee en jy sal hulle voor jou uit verdryf.