Eksodus 18:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yitro, die nie-Levitiese priester van Midyan, Moshe se skoonvader, het alles gehoor wat God vir Moshe en vir Sy volk Yisra’el gedoen het; hoe יהוה Yisra’el uit Mitzrayim uitgebring het.

2. Yitro, Moshe se skoonvader, het Tzipporah, die vrou van Moshe (nadat hy haar teruggestuur het)

3. en haar twee seuns, gevat. Die naam van die een was Gershom, want hy het gesê: ‘Ek was ’n besoeker in ’n vreemde land;’Hand 7:29

4. en die naam van die ander was Eli’eser, want, het hy gesê, ‘die God van my vader is my Hulp en het my van Farao se swaard bevry.’

5. Yitro, Moshe se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moshe gekom in die wildernis waar hy by die berg van God kamp opgeslaan het.

6. Hy het Moshe laat weet: “Ek, jou skoonvader Yitro, kom na jou toe met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.”

7. Moshe het uitgegaan, sy skoonvader tegemoet en hy het neergebuig en hom gesoen en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.

Eksodus 18