Eksodus 16:17-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Die seuns van Yisra’el het so gedoen: hulle het bymekaargemaak, sommige meer, ander minder,

18. maar toe hulle dit met die `omer meet, het hy wat baie bymekaargemaak het, niks oorgehad nie en hy wat min bymekaargemaak het, nie te min gehad nie.2 Kor 8:15 Elkeen na sy behoefte het hulle bymekaargemaak.

19. Moshe het vir hulle gesê: “Niemand moet daarvan laat oorbly tot die oggend toe nie.”

20. Nogtans het hulle nie na Moshe geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die oggend toe en daar het wurms ingekom en dit het gestink. Moshe was woedend vir hulle.

21. Hulle het dit oggend na oggend bymekaargemaak, elkeen na sy behoefte en wanneer die son warm word, smelt dit weg.

22. Op die sesde dag het hulle twee maal soveel brood bymekaargemaak, twee `omers vir elkeen en al die owerstes van die vergadering het gekom en aan Moshe gerapporteer

23. en hy sê vir hulle: “Dit is wat יהוה gesê het: Môre is dit ’n rusdag, ’n afgesonderde Shabbat tot יהוה. Wat julle wil bak, bak dit en wat julle wil kook, kook dit en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die oggend toe.”Eks 12:16; Eks 35:3

24. Hulle het dit gebêre tot die oggend toe, soos Moshe beveel het en dit het nie gestink nie en daar was ook nie wurms in nie.

25. Moshe sê: “Eet dit vandag, want dit is vandag ’n Shabbat tot יהוה. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.

26. Ses dae lank moet julle dit bymekaarmaak, maar op die sewende dag is dit Shabbat, dan sal dit nie daar wees nie.”

27. Dit het gebeur dat sommige mense op die sewende dag uitgegaan het om bymekaar te maak, maar hulle het niks gekry nie.

28. יהוה sê vir Moshe: “Hoe lank weier julle om My opdragte en My wette uit te voer?

29. Gee aandag: aangesien יהוה vir julle die Shabbat gegee het, gee Hy vir julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen in sy plek bly; laat niemand op die sewende dag van sy blyplek af weggaan nie.”

30. So het die volk op die sewende dag gerus.

31. Die huis van Yisra’el het dit ‘man hu’ genoem en dit was wit soos koljandersaad en dit het gesmaak soos wafelkoek met heuning gemaak.

Eksodus 16