2. Yah is my Sterkte en my Lied en Hy het my Verlossing geword. Hy is my Magtige God, ek sal Hom vereer; die God van my vader, ek sal Hom oplig.
3. יהוה is ’n Oorwinnaar in geveg; יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).
4. Farao se strydwaens en sy leërmag het Hy in die see gegooi en sy gekose kapteins het ook in die Sufsee verdrink.
5. Die dieptes het hulle toegedek. Hulle het na die dieptes gesink soos ’n klip.
6. יהוה, U regterhand is vorstelik in krag. U regterhand, יהוה, verpletter die vyand.