Eksodus 15:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Moshe en die seuns van Yisra’el hierdie lied tot eer van יהוה gesing en dit is wat hulle gesê het: “Ek wil sing tot eer van יהוה, want Hy is verhewe opgelig. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gegooi.

2. Yah is my Sterkte en my Lied en Hy het my Verlossing geword. Hy is my Magtige God, ek sal Hom vereer; die God van my vader, ek sal Hom oplig.

3. יהוה is ’n Oorwinnaar in geveg; יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).

4. Farao se strydwaens en sy leërmag het Hy in die see gegooi en sy gekose kapteins het ook in die Sufsee verdrink.

Eksodus 15