49. יהוה sal ’n nasie teen jou bring van ver af, van die einde van die aarde af, soos ’n arend wat afduik, ’n nasie wie se taal jy nie sal verstaan nie,
50. ’n nasie van harde gelaatstrekke, wat geen respek het vir die oues en geen guns wys aan die jonges nie.
51. Meer nog, hulle sal die nakomeling van jou vee en die lewering van jou grond opeet totdat jy vernietig is; wat vir jou geen graan, geen nuwe wyn, geen olie, of die vermeerdering van jou beeste of kleintjies van jou kleinvee sal los totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.
52. Dit sal jou beleër in al jou dorpe totdat jou hoë en versterkte mure, waarop jy in jou hele land vertrou het, val en dit sal jou beleër in al jou dorpe in jou hele land wat יהוה, jou God jou gegee het.
53. Dan sal jy die nakomeling van jou eie liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat יהוה, jou God, vir jou gegee het, tydens die beleëring en in die benoudheid, waarmee jou vyand jou sal onderdruk.
54. Die verfynde en delikate man by jou sal vyandig wees teenoor sy broer en die vrou wat hy koester en teenoor sy orige kinders wat oorbly
55. sodat hy aan nie een van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy sal eet nie omdat hy niks anders oor het tydens die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou dorpe sal onderdruk nie.
56. Die verfynde en delikate vrou by jou, wat van verfyndheid en delikaatheid nooit sal waag om haar voetsool op die grond neer te sit nie, sal vyandig wees teenoor haar man wat sy koester en teenoor haar seun en dogter
57. en teenoor haar nageboorte wat tussen haar bene uitgaan en haar kinders waaraan sy geboorte sal gee, want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan enige iets anders tydens die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in jou dorpe sal onderdruk.
58. As jy nie versigtig is om al die woorde van hierdie wet, wat in hierdie boek geskryf is, te hou nie, om hierdie vereerde en ontsagwekkende Naam, יהוה, jou God, respekvol te vrees nie,
59. dan sal יהוה bonatuurlike plae oor jou en oor jou nageslag bring, selfs groot en aanhoudende plae, ellendige en kroniese siektes,
60. Hy sal al die kwale van Mitzrayim weer terugbring op jou, waarvoor jy bang was en hulle sal aan jou vasklou;
61. asook elke siekte en elke plaag, wat nie in die boek van hierdie wet geskryf is nie, sal יהוה op jou bring totdat jy vernietig is.
62. Dan sal julle min in getal oorbly, alhoewel julle soveel soos die sterre van die hemel, was omdat jy יהוה, jou God, nie gehoorsaam het nie.