14. en nie regs of links afdraai van enige van die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te gaan, om hulle te dien nie.
15. Dit sal egter gebeur as jy יהוה, jou God, nie gehoorsaam nie, nie al Sy opdragte hou en Sy reëls doen, wat ek jou vandag beveel nie, al hierdie vloeke oor jou sal kom en jou oorweldig:
16. vervloek sal jy wees in die stad en vervloek sal jy wees in die platteland.
17. Vervloek sal wees jou mandjie en jou knieskottel.
18. Vervloek sal wees die nakomeling van jou liggaam en die lewering van jou grond, die vermeerdering van jou beeste en die kleintjies van jou kleinvee.
19. Vervloek sal jy wees as jy inkom en vervloek sal jy wees as jy uitgaan.
20. יהוה sal vloeke, verwarring en bestraffings oor jou stuur in alles wat jy onderneem om te doen totdat jy vernietig is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou dade omdat jy My verlaat het.
21. יהוה sal maak dat die pes aan jou vasklou totdat Hy jou verteer het uit die land waarheen jy gaan, om dit te besit.
22. יהוה sal jou swaar tref met wegvretende siekte, koors, inflammasie, ontsteking, met die swaard, plantsiektes en ryp en hulle sal jou agtervolg totdat jy omkom.
23. Die hemel wat oor jou kop is, sal koper wees en die aarde wat onder jou is, yster.
24. יהוה sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy vernietig is.
25. יהוה sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uitvlug en jy sal ’n voorbeeld van angs wees vir al die koninkryke van die aarde.
26. Jou lyke sal kos wees vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde en daar sal niemand wees om hulle af te skrik nie.
27. יהוה sal jou slaan met die swere van Mitzrayim en met gewasse, skurfte en jeuk waarvan jy nie kan gesond word nie.
28. יהוה sal jou slaan met kranksinnigheid, blindheid en verstandsverwarring
29. en jy sal op die middag rondtas soos die blinde in die donker rondtas en jou paaie sal nie voorspoedig wees nie, maar jy sal altyddeur net onderdruk en beroof wees, met niemand om jou te red nie.Spr 10:30