Deuteronomium 21:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As ’n doodgemaakte persoon in die veld gevind word, in die land, wat יהוה, jou God, jou gee, om dit te besit en dit is nie bekend wie hom gedood het nie,

2. dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is.

3. Dit sal wees dat die oudstes van dié stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is, ’n verskalf sal vat waarmee nie gewerk is en wat nie in ’n juk getrek het nie.

4. Die oudstes van dié stad moet die verskalf afbring na ’n vallei met ’n vloeiende stroom waarin nie geploeg of gesaai is nie en hulle moet die vers se nek daar in die vallei breek.

5. Dan moet die priesters, die seuns van Levi, naderkom, want יהוה, jou God, het hulle gekies om Hom te dien en om in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה te seën en volgens hulle uitspraak moet elke verskil en aanval besluit word.

6. Al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die vers waarvan die nek in die vallei gebreek is

7. en hulle moet antwoord en sê: ‘Ons hande het nie hierdie bloed vergiet nie en ons oë het dit nie gesien nie.

8. Vergewe U volk Yisra’el, wat U losgekoop het, O יהוה en moenie die skuld van onskuldige bloed tussen U volk Yisra’el plaas nie.’ Die skuld vir bloedvergieting sal hulle vergewe wees.

9. So sal jy die skuld van onskuldige bloed uit jou midde verwyder, as jy doen wat reg is in die oë van יהוה.

10. Wanneer jy in geveg uittrek teen jou vyande en יהוה, jou God, hulle in jou hand gee en jy hulle as gevangenes wegvoer

11. en jy onder die gevangenes ’n vrou sien wat mooi is en jy haar begeer en haar as vrou vir jou wil vat,

12. dan moet jy haar in jou huis inbring en sy moet haar kop skeer en haar naels knip.

13. Sy moet die klere van haar gevangeskap uittrek, in jou huis bly en treur oor haar vader en haar moeder, vir ’n volle maand lank. Daarna kan jy by haar ingaan en haar man wees en sy sal jou vrou wees.

Deuteronomium 21