Deuteronomium 2:8-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe ons verby ons broers getrek het, die seuns van Esav, wat in Se’ir bly, weg van die vlakte se pad af, weg van Eilat en `Etzyon-Gever af, het ons weggedraai en verby getrek op die pad van die wildernis van Mo’av.Gen 19:37

9. יהוה het vir my gesê: ‘Moenie vyandskap teenoor Mo’av wys nie en begeef jou nie in oorlog teen hulle nie, want Ek sal niks van sy land vir jou as besitting gee nie omdat Ek Ar aan die seuns van Lot as ’n besitting gegee het.’

10. (Die Emiete het vroeër daar gebly, ’n volk groot en talryk en lank van gestalte soos die `Anakiete.

11. Hulle word ook as reuse beskou, soos die `Anakiete, maar die Mo’aviete het hulle Emiete genoem.

12. Die Horiete het vroeër in Se’ir gebly, maar die seuns van Esav het hulle onteien en hulle voor hulle uit vernietig en in hulle plek gaan bly, net soos Yisra’el gedoen het met die land van sy besitting, wat יהוה aan hulle gegee het.)

13. Staan nou op en trek oor die spruit Zered. Ons het dus oor die spruit Zered getrek.

14. Die tyd wat verbygegaan het vandat ons van Kadesh-Barnea af getrek het totdat ons oor die spruit Zered gegaan het, was agt en dertig jaar totdat die hele geslag van soldate uit die kamp dood is soos יהוה vir hulle gesweer het,

15. want die hand van יהוה was waarlik teen hulle om hulle uit die kamp te vernietig totdat hulle almal vergaan het.

16. So was dit, toe al die soldate volkome onder die volk uit weggesterf het,

17. het יהוה met my gepraat en gesê:

18. ‘Op hierdie dag trek jy oor die grens van Mo’av by Ar

19. en wanneer jy naby die seuns van `Ammon kom, moenie vyandigheid teenoor hulle wys of in stryd met hulle gaan nie, want Ek sal niks van die seuns van `Ammon se land vir jou as besitting gee nie omdat Ek dit aan die seuns van Lot as besitting gegee het.

20. (Dit word ook as ’n land van reuse beskou; reuse het vroeër daar gebly, maar die `Ammoniete noem hulle Zamzumiete,

21. ’n volk groot, talryk en lank van gestalte soos die `Anakiete, maar יהוה het dié voor hulle uit vernietig en hulle het hul onteien en in hulle plek gaan bly,

22. net soos Hy vir die seuns van Esav gedoen het wat in Se’ir bly, toe Hy die Horiete voor hulle uit vernietig het, hulle dié onteien het en in hulle plek gaan bly het tot vandag toe

23. en die `Aviete wat in die dorpies gebly het so ver as Gaza; die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, het hulle vernietig en in hulle plek gaan bly.)

24. Staan op, vertrek en gaan deur die Arnonvallei. Let op, Ek het Sigon, die koning van Heshbon, die Emoriet en sy land in jou hand gegee. Begin om dit in besit te neem en begeef jou in oorlog teen hom.

25. Op hierdie dag sal Ek begin om die angs en die vrees vir jou op die volke, onder al die hemele, se gesigte te sit, wat die tyding aangaande jou sal hoor en in angs en bewing oor jou sal wees.

Deuteronomium 2