1. Dawid het weer die gekose manne in Yisra’el bymekaargemaak; dertig duisend.
2. Dawid het opgestaan en saam met al die manne wat by hom was na Ba’alei-Y’hudah gegaan, om die ark van God, wat by die Naam genoem word, die Naam יהוה-Tzva’ot wat bo die gérubs troon, daarvandaan te gaan haal.
3. Hulle het die ark van God op ’n nuwe wa gesit om dit vanaf die huis van Avinadav, wat op die heuwel is, te bring. `Uzah en Agyo, die seuns van Avinadav, het die nuwe wa gelei.
4. So het hulle dit met die ark van God vanaf die huis van Avinadav, wat op die heuwel is, gebring en Agyo het voor die ark geloop.
5. Intussen het Dawid en die hele huis van Yisra’el voor die Teenwoordigheid van יהוה fees gevier met allerhande soorte instrumente van dennehout, liere, harpe, tamboeryne, kastanjette en simbale.
6. Toe hulle egter by die dorsvloere kom, het `Uzah sy hand uitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het dit amper laat afval.