2 Sh'mu'el 15:22-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Dawid sê daarom vir Ittai: “Gaan, trek verby!” Ittai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by hom was.

23. Terwyl die hele land hardop gehuil het, het al die mense verbygetrek. Die koning het ook oor die Kidronspruit getrek en al die mense het deurgetrek na die pad van die wildernis.

24. Let op, Tzadok het ook gekom en al die Leviete saam met hom wat die ark van die verbond van God dra en hulle het die ark van God neergesit en Evyatar het vanaf die stad gekom totdat al die mense klaar verbygegaan het.

25. Die koning het vir Tzadok gesê: “Vat die ark van God terug na die stad toe. As ek guns vind in die oë van יהוה, sal Hy my terugbring en beide dit en Sy blyplek laat sien,

26. maar as Hy so sou sê: ‘Ek het in jou geen behae nie,’ let op, hier is ek, laat Hy met my doen soos vir Hom goed is.”

27. Die koning het ook vir Tzadok, die priester, gesê: “Is u nie ’n siener nie? Gaan in vrede terug na die stad toe en jou twee seuns saam met jou; Agima’atz, jou seun en Y’honatan, die seun van Avyatar.

28. Kyk, ek gaan by die driwwe van die wildernis wag totdat daar ’n woord van julle af kom om my in te lig.”

29. Tzadok en Avyatar het die ark van God teruggevat na Yerushalayim en daar gebly.

30. Dawid het teen die hoogte van die Olyfberg opgeklim, al huilende en sy kop was bedek en hy het kaalvoet geloop. Toe het al die mense wat by hom was hulle koppe bedek en al huilende opgegaan.

31. Iemand het vir Dawid vertel: “Agitofel is tussen die samesweerders saam met Avshalom.” Dawid het gesê: “O יהוה, ek bid, maak die raad van Agitofel dwaasheid!”

32. Let op, dit het gebeur net toe Dawid op die kruin kom, waar God aanbid is dat Hushai, die Arkiet, hom daar ontmoet, met sy oorkleed geskeur en stof op sy kop.

2 Sh'mu'el 15