2 Konings 15:3-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hy het reg gedoen in die oë van יהוה, net soos sy vader Amatzyah gedoen het.

4. Net die hoë plekke is nie weggevat nie; die volk het steeds op die hoë plekke geoffer en wierook laat opgaan.2 Kro 26:16-21 was tot die dag van sy dood. Hy het in ’n afsonderlike huis gebly terwyl Yotam, die seun van die koning, oor die huishouding was en geoordeel het oor die mense van die land.

5. יהוה het die koning getref sodat hy ’n melaatse

6. Die res van die dade van `Uziyahu en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

7. `Uziyahu is neergelê by sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid en Yotam, sy seun, het in sy plek koning geword.

8. In die agt en dertigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Z’kharyah, die seun van Yarov’am, koning geword oor Yisra’el in Shomron vir ses maande lank.

9. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה, soos sy vaders gedoen het; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.

10. Toe het Shallum, die seun van Yavesh, saamgesweer teen hom en hom voor die mense geslaan en doodgemaak en in sy plek geheers.

11. Die res van die dade van Z’kharyah, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.

12. Dit is die woord van יהוה wat Hy tot Yehu gepraat en gesê het: “Jou seuns tot die vierde geslag sal op die troon van Yisra’el sit,” en dit was so.

13. Shallum, die seun van Yavesh, het in die nege en dertigste jaar van `Uziyah, koning van Y’hudah, koning geword en ’n maand lank in Shomron regeer.

14. Toe het Menagem, die seun van Gadi, vanaf Tirtzah opgegaan en in Shomron gekom en Shallum, die seun van Yavesh, in Shomron geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword.

15. Die res van die dade van Shallum en sy sameswering wat hy gesmee het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.

16. Toe het Menagem Tifsag verslaan met almal wat daarin was tot by sy grens met Tirtzah omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; daarom het hy dit verslaan en al die swanger vroue daarvan oopgesny.

17. In die nege en dertigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Menagem, die seun van Gadi, koning oor Yisra’el geword in Shomron; tien jaar lank.

2 Konings 15