13. Shallum, die seun van Yavesh, het in die nege en dertigste jaar van `Uziyah, koning van Y’hudah, koning geword en ’n maand lank in Shomron regeer.
14. Toe het Menagem, die seun van Gadi, vanaf Tirtzah opgegaan en in Shomron gekom en Shallum, die seun van Yavesh, in Shomron geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword.
15. Die res van die dade van Shallum en sy sameswering wat hy gesmee het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
16. Toe het Menagem Tifsag verslaan met almal wat daarin was tot by sy grens met Tirtzah omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; daarom het hy dit verslaan en al die swanger vroue daarvan oopgesny.
17. In die nege en dertigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Menagem, die seun van Gadi, koning oor Yisra’el geword in Shomron; tien jaar lank.
18. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het in al sy dae nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
19. Pul, koning van Ashur, het teen die land gekom en Menagem het vir Pul ’n duisend talente silwer gegee sodat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.
20. Toe het Menagem die geld vanuit Yisra’el ingevorder, van al die magtige manne van rykdom, vyftig sikkels silwer van elke man om die koning van Ashur te betaal. So het die koning van Ashur teruggedraai en nie daar in die land gebly nie.
21. Die res van die dade van Menagem en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
22. Menagem is neergelê by sy vaders en P’kagyah, sy seun, het in sy plek koning geword.
23. In die vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het P’kagyah, die seun van Menagem, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twee jaar lank.
24. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
25. Toe het Pekag, die seun van Remalyahu, sy adjudant, teen hom saamgesweer en hom in Shomron, in die vesting van die koning se huis geslaan, saam met Argov, Aryeh en vyftig man uit die Gil’adiete en hy het hom doodgemaak en in sy plek koning geword.
26. Die res van die dade van P’kagyah en alles wat hy gedoen het, let op, dit is opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’.
27. In die twee en vyftigste jaar van `Uziyahu, koning van Y’hudah, het Pekag, die seun van Remalyahu, in Shomron koning geword oor Yisra’el; twintig jaar lank.
28. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה; hy het nie weggedraai van die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, waarmee hy Yisra’el laat sondig het nie.
29. In die dae van Pekag, koning van Yisra’el, het Tiglat-Pil’eser, koning van Ashur, gekom en `Iyon, Avel-Beit-Ma’akhah, Yanoag, Kedesh, Hatzor, Gil’ad en die Galil ingeneem; die hele land van Naftali en hy het hulle in gevangeskap weggevoer na Ashur.
30. Hoshea, die seun van Elah, het ’n sameswering gesmee teen Pekag, die seun van Remalyah en hom geslaan en doodgemaak en in sy plek koning geword, in die tweede jaar van Yotam, die seun van `Uziyahu.