1 Konings 11:22-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Toe sê Farao vir hom: “Maar wat het jy by my tekort, let op, dat jy begeer om na jou eie land te gaan?” Hy antwoord: “Niks nie; nogtans moet u my sekerlik laat gaan.”

23. God het ook ’n ander teëstander teen hom opgewek, Rezon, die seun van Elyada, wat gevlug het van sy meester Hadad’ezer, die koning van Tzovah.

24. Nadat Dawid hulle by Tzovah gedood het, het hy manne by hom versamel en leier van ’n plunderbende geword en hulle het na Dammesek gegaan en daar gebly en in Dammesek geheers.

1 Konings 11