1 Konings 10:20-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Twaalf leeus het daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; niks soos dit is ooit vir enige ander koninkryk gemaak nie.

21. Al koning Shlomo se drinkservies was van goud en al die houers van Die Huis van die L’vanon-woud was van suiwer goud; niks was van silwer nie: dit is in die dae van Shlomo nie as waardevol gereken nie,

22. want die koning het ’n vloot van skepe van Tarshish gehad by die skepe van Hiram; een maal elke drie jaar het die skepe van Tarshish ingekom en goud, silwer, ivoor, ape en poue gebring.

23. So het koning Shlomo in rykdom en in wysheid, groter geword as al die konings van die aarde.

24. Die hele wêreld het die teenwoordigheid van Shlomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy verstand gegee het.

25. Elkeen van hulle het sy geskenk saam gebring: silwer voorwerpe, goue voorwerpe, klere, wapens, speserye, perde en muile, jaar na jaar.

26. Shlomo het strydwaens en perderuiters bymekaargemaak en hy het een duisend vier honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad en hy het dit in die stede vir stydwaens en by die koning in Yerushalayim gesit.2 Kro 1:15; 2 Kro 9:27

27. Die koning het silwer in Yerushalayim so algemeen gemaak soos klippe en seders so volop soos wildevyebome wat in die Laagland is.

28. Shlomo se invoer van perde was uit Mitzrayim en die koning se handelaars het ’n kommissie ontvang op die goedere wat hulle gekoop het.Deut 17:16; 2 Kro 1:14

29. ’n Strydwa is uit Mitzrayim ingevoer vir ses honderd sikkels silwer en ’n perd vir ’n honderd en vyftig en op dieselfde manier is hulle na al die konings van die Hittiete en die konings van Aram uitgevoer.

1 Konings 10