23. Lesse oor die lewe is soos ’n lamp. ’n Goeie opvoeding is soos ’n lig wat jou wys hoe om reg te leef. Dissipline is die deur tot ’n beter en gelukkiger lewe.
24. Al hierdie spreuke moet jou teen ’n gevaarlike vrou se verleiding beskerm, jou teen haar sappige en verleidelike woorde oppas.
25. Moenie deur haar mooi lyf oorweldig word nie. En moenie dat haar mond en oë jou verlei nie.
26. Vir ’n prostituut is kos- en huurgeld voldoende betaling. Vir die vrou van ’n ander man gaan jy egter met jou lewe betaal.
27. Om by iemand te slaap met wie jy nie getroud is nie, is gevaarlik. Kan ’n mens ’n vlam teen jou druk sonder dat jou klere brand?
28. Kan ’n mens oor gloeiende kole loop sonder dat jou voete verbrand?
29. Wie ontoelaatbare seks met iemand anders se vrou het, speel met vuur. Iemand wat so iets doen, gaan in groot moeilikheid beland.
30. As ’n dief steel om sy hongerkrampe te stil, dink hy hy het ’n goeie rede.
31. Maar as hy gevang word, moet hy alles teruggee. Hy moet ook vir alle skade betaal.
32. Geen man of vrou wat rondslaap, sal ook die skuld van hulle daad kan ontglip nie. Wie by iemand anders se vrou slaap, is baie dom. Hy vernietig homself en alles wat vir hom dierbaar is.
33. Hy sal verneder word en groot skade ly. Niemand sal hom vergewe nie, veral nie die vrou se man nie.
34. Haar man se jaloesie sal hom rasend maak. Hy sal wraak neem.
35. Geen bedrag om die saak te skik of ’n groot geskenk sal hom tevrede stel nie.