Spreuke 16:20-28 Die Boodskap (DB)

20. Wie na die Woord luister, sal die goeie van die lewe ervaar. Wie op die Here vertrou, is lewenslank gelukkig.

21. Mense respekteer iemand wat wys leef. Iemand wat mooi praat, oortuig mense maklik.

22. Vir iemand wat weet hoe om reg te leef is wysheid ’n onuitputlike bron van kennis. ’n Domme sal nooit leer nie. Hy sal altyd die verkeerde dinge doen.

23. Soos ’n mens dink, praat hy ook. ’n Goeie spreker kan mense baie dinge leer.

24. Mooi woorde is soos iets lekkers. Aangenaam om te eet. Goed vir die liggaam.

25. Soms lyk ’n lewenstyl goed en reg. Uiteindelik bring dit net ellende.

26. Om te leef moet jy werk. Honger laat ’n mens werk soek.

27. Iemand wat nie wil werk nie, is sleg. Al wat hy doen, is om verkeerde dinge te beplan. Sy woorde vernietig mense se lewens.

28. Mense wat ompaaie met die waarheid loop, veroorsaak oral rusie. ’n Skindertong vernietig mooi vriendskappe.

Spreuke 16