Psalms 37:26-36 Die Boodskap (DB)

26. Gelowiges gee regtig om vir ander mense. Hulle klou nie aan hulle geld vas nie. Hulle leen geld sonder om rente te hef.Ook met hulle kinders sal dit goed gaan.

27. Moenie die verkeerde doen nie. Doen net goeie dinge,dan sal jy vir altyd naby aan Hom leef.

28. Die Here hou baie van almal wat reg optree.Sulke mense los Hy nooit alleen nie. Hy sal hulle altyd beskerm,maar slegte mense verdwyn soos mis voor die son. Hulle word uitgeroei.

29. Die Here se kinders sal die land kry en vir altyd daarin lewe.

30. Die monde van mense wat reg lewe, praat wyse dinge. Hulle sê die regte dinge.

31. God se wil oorheers hulle lewe;daarom verdwaal hulle nooit in die sonde nie. Hulle slaan nie neer in die gemors nie.

32. Slegte mense probeer goeie mense doodmaak. Hulle soek ’n kans om mense wat reg lewe, by te kom.

33. Maar die Here pas sy kinders op. Hy laat hulle nie in die hand kom van mense wat sonder Hom leef nie. Hy laat nie toe dat hulle skuldig bevind word nie.

34. Hou die Here se hand styf vas; doen net wat Hy sê. Op die regte oomblik sal Hy jou hoog bo al jou probleme uitlig. Hy sal sorg dat reg aan jou geskied wanneer jy voor die hof gedaag is.Jy sal sien hoe die sondaars ondergaan.

35. Ek het al baie keer gesien hoe gewetenlose mense wat sonder God leef met ’n groot lawaai op die toneel verskyn,

36. maar toe ek weer kyk, was hulle weg. Net mooi niks het van hulle oorgebly nie.

Psalms 37