Numeri 7:8-89 Die Boodskap (DB)

8. en vir die Merarigroep vier waens en agt osse om vir hulle werk te gebruik. Hulle het hulle werk onder die toesig van Itamar, Aäron se seun, gedoen.

9. Moses het nie vir die Kehatgroep enige waens en osse gegee nie omdat hulle volgens die Here se opdrag die heilige voorwerpe op hulle skouers moes dra.

10. Die leiers het ook ander offers gebring toe die offeraltaar in gebruik geneem is.

11. Die Here het vir Moses beveel om hulle die offers op verskillende dae na die altaar toe te laat bring.

84. Die offers wat die leiers van Israel gebring het toe die altaar ingewy is, was altesaam twaalf silwerskottels, twaalf silwerbakke en twaalf goue wierookpannetjies.

85. Elke skottel het een en ’n half kilogram geweeg en elke bak 800 gram. Die silwergereedskap het altesaam 28 kilogram geweeg volgens die standaardgewig van die heiligdom.

86. Die twaalf goue pannetjies vol wierook het elkeen 115 gram geweeg volgens die standaardgewig van die heiligdom. Die gewig van al die goue wierookpannetjies was omtrent een en ’n half kilogram.

87. Wat die diere betref, was daar twaalf bulle, twaalf ramme, twaalf jaaroud lammers vir die brandoffer, saam met hulle graanoffers, en twaalf bokramme as sondeoffer.

88. Die totaal van al die diere wat vir die maaltydoffers gebring is tydens die inwyding van die altaar was: 24 bulle, 60 ramme, 60 bokramme en 60 jaaroud lammers.

89. Elke keer as Moses in die tent ingegaan het om met die Here te praat, het hy die stem van die Here gehoor wat met hom praat. Die stem het van die deksel gekom wat bo-op die ark was, daar tussen die figure van die twee gerubs uit. Op hierdie manier het die Here met Moses gepraat.

Numeri 7