Numeri 7:2-85 Die Boodskap (DB)

2. het die leiers van Israel, dit is die stamleiers wat die sensus opgeneem het, hulle offers vir die Here gebring.

3. Hulle het ses waens met seile bo-oor en twaalf osse na die tabernakel toe gebring, een wa vir elke twee leiers en ’n os vir elke leier.

4. Toe sê die Here vir Moses:

5. “Gebruik hierdie offers om te help met alles wat moet gebeur by die tent waar Ek aanbid word. Gee die waens en osse vir die Leviete sodat hulle dit kan gebruik om hulle te help met hulle werk.”

6. Moses het toe die waens en die osse vir die Leviete gegee.

7. Hy het vir die Gersongroep twee waens en vier osse gegee

8. en vir die Merarigroep vier waens en agt osse om vir hulle werk te gebruik. Hulle het hulle werk onder die toesig van Itamar, Aäron se seun, gedoen.

9. Moses het nie vir die Kehatgroep enige waens en osse gegee nie omdat hulle volgens die Here se opdrag die heilige voorwerpe op hulle skouers moes dra.

10. Die leiers het ook ander offers gebring toe die offeraltaar in gebruik geneem is.

11. Die Here het vir Moses beveel om hulle die offers op verskillende dae na die altaar toe te laat bring.

84. Die offers wat die leiers van Israel gebring het toe die altaar ingewy is, was altesaam twaalf silwerskottels, twaalf silwerbakke en twaalf goue wierookpannetjies.

85. Elke skottel het een en ’n half kilogram geweeg en elke bak 800 gram. Die silwergereedskap het altesaam 28 kilogram geweeg volgens die standaardgewig van die heiligdom.

Numeri 7