Numeri 33:35-52 Die Boodskap (DB)

35. Esjon-Geber,

36. Kades in die Sinwoestyn,

37. en die berg Hor aan die grens van Edom.

38. In opdrag van die Here het die priester Aäron teen Hor uitgeklim en daar op die eerste van die vyfde maand gesterf, 40 jaar nadat die Israeliete uit Egipte weg is.

39. Aäron was toe 123 jaar oud.

40. Die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Negev, die suidelike woestyngebied van Kanaän, gewoon het, het gehoor dat die Israeliete aan die kom is.

41. Die Israeliete het Hor verlaat en by Salmona kamp opgeslaan.

42. Van daar af het hulle by die volgende plekke kamp opgeslaan: Punon,

43. Obot,

44. Ije-Abarim aan die grens van Moab,

45. Dibon-Gad,

46. Almon-Diblatajim,

47. die Abarimberge regoor Nebo

48. en die Moabsvlakte langs die Jordaanrivier regoor Jerigo.

49. Daar langs die Jordaanrivier, tussen Bet-Jesimot en Abel-Sittim, het hulle kamp opgeslaan.

50. Daar in die vlakte van Moab aan die oorkant van die Jordaanrivier regoor Jerigo het die Here vir Moses die volgende opdragte gegee:

51. “Sê vir die Israeliete: As julle oor die Jordaanrivier trek in die land Kanaän in,

52. moet julle al die inwoners van die land wegjaag. Julle moet al hulle uitgesnyde en gegote afgode vernietig en hulle offerplekke verwoes.

Numeri 33