Numeri 15:39-41 Die Boodskap (DB)

39. Hierdie tosseltjies moet julle aan al die Here se opdragte herinner. Elke keer as julle dit sien, sal julle aan My en my voorskrifte dink. Dan sal julle nie in die versoeking kom om My te verlaat en agter julle eie begeertes aan te loop nie.

40. Op dié manier sal julle gereeld aan my opdragte herinner word. Julle sal weet dat julle totaal en al aan My behoort en vir my diens opsy gesit is.

41. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte uit laat trek het sodat Ek alleen julle God kan wees. Ja, Ek is die Here julle God!”

Numeri 15