14. heel voor het die afdelings onder leiding van die stam van Juda onder hulle eie vlag vertrek. Hulle leier was Amminadab se seun Nagson.
15. Suar se seun Netanel was in bevel van die afdeling van die stam van Issaskar,
16. en Gelon se seun Eliab was die leier van die afdeling van die stam van Sebulon.
17. Daarna is die tabernakel afgebreek. Toe kon die groep van Gerson en die Merarigroep wat dit moes dra, ook vertrek.
18. Die volgende groep wat vertrek het, was die afdelings onder leiding van die stam van Ruben. Hulle het onder hulle eie vlag getrek. Hulle leier was Sedeür se seun Elisur.
19. Suri-Saddai se seun Selumiël was in bevel van die afdeling van die stam van Simeon,
20. en Reüel se seun Eljasaf was die leier van die afdeling van die stam van Gad.
21. Daarna het die Kehatgroep vertrek. Hulle het die voorwerpe gedra wat aan die Here se diens gewy is. Teen die tyd dat hulle by die volgende kampplek aangekom het, was die tabernakel gewoonlik reeds opgeslaan.
22. Net ná hulle het die afdelings onder leiding van die stam van Efraim onder hulle eie vlag vertrek. Hulle leier was Ammihud se seun Elisama.
23. Pedasur se seun Gamliël was in bevel van die afdeling van die stam van Manasse,
24. en Gidoni se seun Abidan oor die afdeling van die stam van Benjamin.
25. Die volgende groep wat vertrek het, was die afdelings onder leiding van die stam van Dan, ook onder hulle eie vlag. Hulle het die agterhoede van al die afdelings gevorm. Ammi-Saddai se seun Agiëser was die leier van hierdie afdeling.
26. Okran se seun Pagiël was die leier van die afdeling van die stam van Aser,