36. Vandag is ons slawe in die land wat U vir ons voorouers gegee het sodat hulle daaruit kon lewe. Ten spyte van al die oorvloed in hierdie land is ons slawe!
37. Die oorvloed van hierdie land behoort vandag aan die konings wat U oor ons laat regeer as gevolg van ons sonde.Hulle maak met ons en ons vee net wat hulle wil.Ons het groot probleme.
38. Daarom maak ons ’n plegtige belofte teenoor U wat ons op skrif wil stel. Ons leiers, die Leviete en die priesters het dit namens ons met hulle handtekeninge bevestig en toe verseël.