Nehemia 9:14-20 Die Boodskap (DB)

14. U het hulle geleer wat U van hulle verwag op die sabbat. U het u wil baie duidelik in die gebooie en in al u ander wette bekendgemaak deur u dienaar Moses.

15. Toe hulle honger was, het U vir hulle brood uit die hemel gegee. Toe hulle dors was, het U water uit ’n rots laat stroom waarvan hulle kon drink. U opdrag aan hulle was om die land wat U aan hulle belowe het, in besit te gaan neem.

16. Maar ons voorvaders was verwaand en hardkoppig.Hulle het geweier om te doen wat U sê.

17. Hulle wou nie luister nie.Hulle het vergeet van al die wonderwerke wat U langs die pad gedoen het.Hulle was vasbeslote om terug te gaan Egipte toe om weer slawe te wees.Maar, God, U is bereid om te vergewe.U is vol goedheid en ontferming,U tree met deernis en liefde op.Daarom het U hulle nie aan hulle eie lot oorgelaat nie.

18. Selfs toe hulle vir hulle ’n afgodsbeeld gemaak het in die vorm van ’n kalfen gesê het: “Hier is jou god wat jou uit Egipte gered het!”en die vieslikste goed aangevang het,

19. het U in u oorvloedige liefde hulle nie in die woestyn aan hulle eie lot oorgelaat nie.Die wolkkolom was steeds in die dag daar om vir hulle die pad te wysen die vuurkolom om in die nag vir hulle lig te gee.

20. In u oorvloedige goedheid het U u goeie Gees gestuur om hulle te leer wat U van hulle verwag;U het nie die manna van hulle teruggehou nie,en as hulle dors was, het U vir hulle water gegee.

Nehemia 9