63. Van die priesterfamilies was daar ook nog dié van Gabaja, Kos en Barsillai, dit is Barsillai wat getroud is met ’n dogter van Barsillai die Gileadiet en toe na hom vernoem is.
64. Hierdie mense kon ongelukkig nie bewys dat hulle name in die registers opgeneem is nie; daarom is hulle nie toegelaat om in die tempel diens te doen as priesters nie.
65. Die goewerneur wou hulle nie eens toelaat om van die offervleis wat vir die priesters uitgehou word te eet voordat daar ’n priester gekom het wat God se wil kon bekendmaak nie.
66. “Die totaal van die groep mense wat teruggekom het, was 42 360 mense,
67. dit is nou bo en behalwe al hulle slawe, mans en vroue, wat altesaam 7 337 mense was.
68. Verder was daar ook nog die musikante, mans en vroue, en hulle was 245.
69. Daar was boonop 435 kamele en 6 720 donkies.”
70. Sommige van die hoofde van die families het bydraes gegee vir die koste verbonde aan die herstelwerk. Die goewerneur het 8,5 kilogram goud, 50 seremoniële waskomme en 530 stelle priesterklere geskenk.
71. Van die ander familiehoofde het 168 kilogram goud en 1 250 kilogram silwer bygedra.