1. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:
2. “Sê vir die Israeliete dat die man uit wie se geslagsdeel daar vog uitkom, nie naby my tent mag kom nie. Ek wil hom nie daar hê nie.
3. Of sy afskeiding nou iets is wat vloei en of dit gestol het in sy geslagsdeel, dit is nie vir My aanvaarbaar nie.
4. Enige bed waarop hierdie persoon slaap of enige stoel waarop hy gaan sit, is vuil.
7. Selfs wanneer iemand net aan hierdie man raak, is daardie persoon self ook aangetas tot aan die einde van die dag. Hy moet sy klere en homself gaan was.
8. Wanneer die man se spoeg miskien op iemand wat vir God reg is te lande kom, moet daardie persoon ook sy klere en homself gaan was. Hy sal vuil wees tot die aand.
9. Enige saal vir ’n dier waarop hierdie man ry, word vuil.
10. Enigiemand wat raak aan iets waarop hierdie man gesit het of dit ronddra, word ook onaanvaarbaar vir die res van die dag. Hy moet sy klere en homself gaan skoonmaak.