6. “Wel, dit is Ek,” antwoord Hy. (Judas het ook so ewe tussen die klomp soldate gestaan.) Toe die soldate hoor wat Jesus sê, het hulle verskrik teruggedeins en oor mekaar geval.
7. Jesus herhaal toe sy vraag: “Vir wie soek julle?”“Jesus van Nasaret,” sê hulle weer.
8. “Maar Ek het dan vir julle gesê dis Ek. As julle My wil hê, los hierdie ander dan uit.”
9. So het dit wat Jesus beloof het, waar geword. Hy het mos gesê dat Hy daarvoor sou sorg dat nie een van hulle na wie Hy moes kyk, iets oorkom nie.
10. Simon Petrus het ’n swaard by hom gehad. Hy pluk dit toe uit en kap na een van die mense wat vir die hoëpriester gewerk het. Sy naam was Malgus. Met dié tref hy Malgus teen die regteroor en sny dit morsaf.